Daaglikse takies:
** Oefen nie-verbale selfgeldende gedrag
** Dankbaarheidsjoernaal (skryf drie dinge neer waarvoor jy dankbaar is)
Praktiese taak:
Dink aan ‘n situasie of twee wat jou onlangs kwaad/ontsteld/gefrustreerd (onthou as ek praat van ‘kwaad’ praat ek van die kontinuum van woede soos gister bespreek) gemaak het.
Beantwoord die volgende vrae:
1) Wat het gebeur? Waarom het jy dit jou kwaad/gefrustreerd gemaak?
2) Noudat jy meer geleer het kan jy dink hoe jy die situasie anders kon hanteer het?
3) Wat dink jy sou gebeur het as jy die situasie anders hanteer het.
4) Voel jy nog steeds kwaad/gefrustreerd as jy dink aan die situasie?
Indien wel, gee jouself vir ou laas een laaste keer toestemming om die woede te voel. Gebruik een van die tegnieke wat gister gegee is en gee uiting aan jou woede. Of as jy nie fisies wil nie skryf dit neer en verbrand of frommel die papier op en gooi dit weg. Soos wat jy uiting aan die woede gee, sê vir jouself dat jy dit nou laat gaan. Jy gaan nie verder vir die persoon of situasie wat jou kwaad gemaak het die mag gee om jou so te laat voel nie.
Vertel ook vir jouself dat jy besig is om te leer en dat jy nou beter weet hoe om situasies te hanteer sodat jy nie weer ontsteld/ kwaad/gefrustreerd word nie.
**Onthou om jou ego state terapie te doen en ook die ‘stopteken’ tegniek as negatiewe gedagtes opkom
Jy is amper halfpad met die kursus! Baie geluk! Moenie nou opgee nie, hou net aan…
“Humans are creatures of habit. If you quit when things get tough, it gets that much easier to quit the next time. On the other hand, if you force yourself to push through it, the grit begins to grow in you.” Travis Bradberry