Daaglikse take
*Ego state terapie
* Onthou om jou stopteken tegniek elke keer wat jy negatiewe gedagtes of “verkeerde gedagtes” dink.
* Dankbaarheidsjoernaal – 3 dinge
Nie-verbale Selfgeldende gedrag:
Jou liggaamstaal dra sekere boodskappe oor na mense. Partykeer is ons gewoond om op ‘n sekere manier te praat of te staan wanneer ons met mense praat. Hierdie liggaamstaal kan dan dalk moontlik verkeerde boodskappe aan mense oordra en maak dat hulle dalk dink dat hulle jou kan misbruik.
Doen die volgende:
Oefen die volgende liggaamstaal (as jy dit nie reeds doen nie) wat gegee word, al voel dit vir jou ongemaklik in die begin.
1) Kyk reguit vir mense wanneer jy met hulle praat.
Wanneer jy afkyk of wegkyk dra dit die boodskap oor dat jy nie seker is oor wat jy vra of wat jy wil hê nie. Pasop egter ook vir die teenoorgestelde: As jy weer te veel vir ‘n persoon staar kom jy weer te aggresief oor en raak die persoon defensief
2) Hê ‘n oop in plaas van geslote postuur
Wanneer jy sit, moenie jou arms of bene kruis nie.
Wanneer jy staan staan regop en op altwee voete
Staan voor die persoon met wie jy praat in plaas van langs die kant
3) Wanneer jy selfgeldend met iemand praat maak seker dat jy nie van die persoon af wegbeweeg nie. Al is dit net klein bietjie.
4) Bly kalm.
Ek weet dis nie altyd maklik nie, maar probeer om nie oor emosioneel of opgewonde te raak nie. As jy kwaad voel maak seker dat jy ontslae geraak het van jou woede voor jy selfgeldend probeer wees.* ons gaan môre meer gesels oor hoe om woede te hanteer. Indien jy ‘n kalm selfgeldende versoek het sal dit meer na geluister word as ‘n woede uitbarsting.