Opdrag vir die dag:
Oefen om nie dadelik ‘ja’ of ‘nee’ te se nie.
Jy kan dit met klein dinge doen. Al is dit iets watjy weet jy nie omgee om te doen nie.
Gee jouself tyd om te antwoord. Doen dit van nou af elke dag.
Jou ‘default’ antwoord wanneer iemand vir jou ‘n guns vra moet wees: “ek sal daaroor dink,”
of ek kom terug na jou toe. Of: “dis ‘n interessante voorstel ek laat weet jou.”
***Watter maniere kan jy gebruik om jouself uitstel te gee om te antwoord?
Let op die woord jammer!
Gebruik dit net wanneer jy regtig jammer is oor iets. Moenie dit gebruik as jy bv. ‘nee’ sê nie
of as jy bv. iets nie kon doen nie, of iets nie reg is nie.
Bv. as jy laat is, moenie se :”Ek is jammer ek is laat nie, se eerder “ Dankie dat jy so
geduldig gewag het ek waardeer dit.”
Of vervang jammer om te pla met “dankie vir jou tyd” deur net hierdie te doen sal jy meer
selfgeldend voel en voorkom.