Skryf jou vyf regte wat jy gister gekies het neer. Lees dit hardop. Dis belangrik om dit hardop te lees, dat jy die kan hoor ook.
Glo jy dit?
Lees/sê van nou af elke dag jou 5 regte hardop vir jouself. Doen dit elke dag terwyl jy die kursus doen. Jou brein leer deur herhaling. Jy is in effek besig om jouself te “brain wash” . Hoe meer jy dit hoor en sê, hoe meer gaan jy dit begin glo.
Vandag gaan ons bietjie gesels oor selfbeeld.
Het jy geweet? Alles wat jy dink, dink jou brein is regtig? So as jy byvoorbeeld dink aan iets sleg wat moontlik kan gebeur en jy visualeer dit, dan voel dit vir jou brein asof dit regtig gebeur. Hoe meer “vivid” jy iets ‘imagine” hoe meer werklik voel dit vir jou brein.
Jou brein glo ook dinge die beste as jy in beelde dink. So is dit byvoorbeeld baie meer effektief om in beelde te dink as jy jou brein ‘n nuwe gewoonte wil leer as om net woorde te gebruik. Dis hoekom motiverende sprekers gereeld van “imagery” gebruik maak. Jy ken dit seker…. Verbeel jouself…. Hierdie visualering help atlete om hulle beste te lewer. Positiewe visualisering is soos ‘n geheime wapen. Hoe meer jy dit gebruik hoe meer ’glo’ jou brein dat dit regtig is en hoe meer begin die veranderinge wat jy visualiseer gebeur.
Ons gaan nou hierdie metode gebruik om jou negatiewe gedagtes te stop.
Elke keer wat jy iets negatief oor jouself dink, wil ek hê jy moet hardop vir jouself sê ‘stop’.
Maar nie net dit nie. Ek wil hê jy moet ‘n stopstraat visualiseer. Sien in jou verbeelding ‘n groot teken wat sê ‘stop’.
Neem nou ‘n oomblik om die stopteken groot in jou verbeelding te sien…
Sien jy dit?
Gebruik dit nou elke keer wat ‘n negatiewe gedagte in jou kop kom. Soos bv as jy dink:
“Ek kan nie…” sê hardop vir jouself (of in jou kop as daar ander mense is 😉 STOP en sien die stopteken in jou kop. Vervang dan dadelik die negatiewe denke in iets positief.
Soos byvoorbeeld:”Ek weet dis ‘n uitdaging, maar ek kan dit doen.”