“Should Statements” : Ek ‘moet’ of ek is veronderstel om te….

Ons praat elke dag met onsself en daar is sekere dinge wat ons dink en glo wat nie noodwendig waar is nie. Dit is egter so deel van ons dat ons dit dikwels nie agterkom nie.

Gebruik jy baie “moet sinne?”

Voorbeelde van moet sinne is:
Ek moet altyd vriendelik wees
Ek moet altyd hulpvaardig wees
Ek moet ‘n perfekte mamma, vrou, vriendin, dogter ens wees.
Ek moet na myself kan omsien
Ek mag nooit siek word of moeg word nie
Ek mag nie negatiewe gevoelens voel nie
Ek mag nie ‘n paniekaanval hê nie
Ek mag nie bang wees nie.
Ek mag nie ‘nee’ sê nie.

Klink van die bognoemde bekend vir jou?

In die uitdrukstuk wat hier gegee word gaan ons jou leer hoe om jou denkpatrone te verander en te identifiseer.

Laai dit hier af en druk dit uit en doen die oefening. Ek verkies dat jy dan weer jou dokument oplaai as jy klaar is, maar dit is nie verpligtend nie.

Hier is die dokument in Word formaat (docx) dit is maklik om in te vul en dan weer op te laai.
“Should Statements” _ Ek ‘moet’ of ek is veronderstel om te…

Hier is die dokument in pdf. formaat. Hierdie dokument gaan jy moet aflaai, uitdruk, invul en dan kan jy ‘n foto neem en dit weer oplaai.
“Should Statements” _ Ek ‘moet’ of ek is veronderstel om te… (1)

**Jy sal sien dat jy nie na die volgende les kan gaan as jy nie iets opgelaai het nie, as jy sukkel om die dokument op te laai of jy is net nie lus nie, laai enige iets van jou rekenaar/foon af hier op al is dit net ‘n prentjie net sodat jy na die volgende les toe kan gaan.


Select your currency
USD United States (US) dollar