Daar is verskeie redes waarom mense sukkel om nee te sê.
Watter redes pas die beste by jou?
1) Jy dink dalk: Jy voel hulle moes jou nie gevra het nie
Jy voel dat mense jou nie in die posisie moet sit om nee te sê nie. As hulle meer ‘considerate’ was sou hulle nie so baie onredelike dinge van jou gevra het nie. Hierdie geloof kan jou baie resentful en kwaad maak.
Realiteit: Die realiteit is egter dat mense die reg het om jou enige iets te vra net wat hulle wil en net so het jy die volle reg om nee te sê.2) Jy dink dalk: Hulle sal dit nie aanvaar as ek nee sê nie
Jy dink dat al sê jy nee gaan die mense in jou lewe in elk geval net dink jy gaan dit doen. Jy mag dalk reg wees hieroor. As jy nog altyd net gedoen het wat almal wil gaan hulle dalk verwag dat jy aanhou hieree. Daarom is dit BAIE belangrik dat jy hulle wys dat jy dit BEDOEL as jy nee sê. Dit gaan hulle dalk ‘n rukkie neem om die boodskap te kry, maar hulle sal wel begin agterkom jy is ernstig.3) Jy dink dalk: Hulle sal MY nie aanvaar nie
Jy glo dat die enigste rede waarom mense jou aanvaar is oor jy hulle help. As jy ophou om dit te doen gaan hulle nie meer van jou hou of jou aanvaar nie. Jy gaan alleen wees.
Realiteit: Dit is moontlik dat jy net in party mense se lewens is oor jy goed vir hulle doen. Maar indien dit so is, vra jouself die vraag: Wil jy regtig so ‘n tipe verhouding hê?4) Jy dink dalk: Ek het nie die reg om nee te sê nie
Jy voel dit is selfsugtig om in jou eie behoeftes te voldoen of om jouself dieselfde te hanteer as ander mense rondom jou.
Realiteit: Jy het die reg om nee te sê. Jy het behoeftes net soos ander mense en jy mag na jouself kyk.
Oefening vir die volgende paar dae:
Dankbaarheidsjoernaal
Soms moet mens net bietjie stilstaan en die lewe waardeer vir al die goeie dinge in mens se lewe.Doen vir die volgende paar dae ‘n dankbaarheids joernaal. Skryf elke dag ten minste 3 dinge neer wat jy voor dankbaar is. Dit kan algemene dinge/mense in jou lewe wees of iets wat die dag gebeur het.