Indien moontlik kry ‘n foto van toe jy jonk was. Plak dit op jou spieël in jou slaapkamer en hou dit daar. Van nou af wil ek hê jy moet met jouself praat asof jy steeds daai dogtertjie/seuntjie in die foto is.
Dink hoe sal jy met haar gepraat het as sy jou kind was?
Watter drome sou jy vir haar gehad het?
Hoe sal jy haar troos as jy oorweldig voel?
Sal jy wil hê sy moet opstaan vir haarself?
Sou jy enige lelike, afbrekende dinge vir haar gesê het?
Nee, jy sal net die beste vir haar wil hê!
Staan voor die spieel en en “praat” met jou jong self. Vertel vir jou jongself hoe oulik en sterk sy is en wat sy alles kan doen. ‘Boost’ haar! As jy dit hardop doen, is dit meer werklik vir jou brein en werk dit die beste.
So hê vandag ‘n gesprek met jou jong self in die spieël. (Hierdie tegniek vorm deel van ego state terapie)