Daaglikse takies:
* Oefen die nie-verbale selfgeldende gedrag wat jy gister geleer het, veral by die huis waar jy gemaklik voel sodat jy gewoond kan raak daaraan
* Skryf drie dinge waarvoor vandag dankbaar is in jou Dankbaarheidsjoernaal
Hoe hanteer mens woede?
Baie mense wat sukkel om ‘nee’ te sê word kwaad oor hulle misbruik voel. Hulle voel egter nie die vrymoedigheid om uiting aan hierdie woede te gee nie. Wanneer jy jou woede onderdruk lei dit na baie gevoelens wat onderdruk word. Hierdie kan weer lei na simptome soos depressie, angstigheid, spierpyne en hoofpyne.
Dit lei mens dus na die vraag.
Hoe hanteer ‘n mens woede?
In die eerste plek is dit baie belangrik om te weet dat woede eintlik ‘n kontinuum van emosies is. Sien die grafiek hieronder:
Frustrasie is gewoonlik die mees algemeenste vorm van woede.
Doen die volgende om te leer om jou woede te hanteer:
1. Laat gaan van jou gewoonte om altyd ‘nice’ en plesierig te wees in alle situasies
Jy mag vir iemand sê as jy kwaad is vir hulle.
2. Werk daaran om die “wat gaan as…. dit en dit gebeur as ek kwaad raak” te stop
Hierdie “wat as” (‘what if’) gedagtes is dikwels onredelik en heeltemal oordryf. Jy dink dalk iets soos ‘ wat as ek iets doen wat ek nie moet nie of iets sê dan is hulle kwaad vir my ’.
Onthou as jy jou woede vir lank ingehou het gaan dit oorweldigend voel in die begin. Wanneer jy begin uiting gee daaraan kan dit baie intens voel. Dit is normaal en weet dat jy nie die woede vir altyd so sterk gaan voel nie. Sodra jy jouself toelaat om die woede te voel; en om daaraan uiting te gee om ‘n heilsame manier sal jou woede begin weggaan.
Wanneer jou woede/frustrasie intens is probeer om daarvan ontslae te raak op een van die volgende maniere:
Maniere om van woede ontslae te raak:
Slaan jou kussing
Slaan ‘n slaansak
Gooi eiers teen ‘n muur of in die bad
Skree so hard as wat jy kan wanneer jy alleen in jou kar is
Kap hout
Slaan ‘n groot pop
Slaan ‘n ou tennisrakket of kold teen die bed
Doen intense oefeninge wat jou hartklop opstoot
3.Werk aan jou vrese dat jy mense weg van jou af gaan stoot/verloor as jy jou woede toelaat om gewys te word.Deur vir iemand te vertel van jou woede gevoelens wys dat jy omgee vir hulle. As jy nie omgegee het vir julle verhouding nie sou jy onttrek het en jou gevoelens vir jouself gehou het.
4. Leer om jou woede gevoelens selfgeldend te kommunikeer in plaas van agressief
Dit is moontlik om vir mense vir wie jy lief is te sê dat jy kwaad of gefrustreerd is op ‘n manier wat hulle waardigheid respekteer. Doen dit bv deur “ek stellings” in plaas van jy stellings.
Ek stellings behou respek vir die ander persoon (ons sal later nog meer hierop fokus)
** Onthou mense maak jou nie kwaad nie, jy reageer met woede op jou interpretasie van die belangrikheid van ‘n ander persoon se gedrag. ***
maw dis iets wat hulle sê of doen gaan teen jou standaarde is van wat reg en regveredig is.