Onthou jy die stopteken tegniek waar jy elke keer wat jy negatiewe gedagtes of “verkeerde gedagtes” dink vervang deur ‘n stopstraat te visualeer en dan jou negatiewe gedagte in ‘n goeie gedagte in verander?
Ek wil hê jy moet vandag en vir die volgende dae probeer konsentreer op jou gedagtes en elke keer wat jy agter kom jy iets negatief dink moet jy die tegniek probeer toepas. Dis egter nie altyd so maklik om hierdie gedagtes agter te kom nie, oor dit dikwels so deel van jou denkpatrone is.
Ons gaan in die volgende paar dae meer gesels oor hoe mens soms verkeerde goed dink en hoe dit jou beïnvloed.Dit is belangrik om die stopstraat tegniek te oefen, selfs al is dit met alledaagse klein goed. Hoe beter jy daarmee raak hoe meer kan jy dit implimenteer op die gedagtes wat ons in die volgende paar dae gaan identifiseer.
Vir vandag kan jy die volgende video kyk. Dit verduidelik mooi wat verkeerde denk patrone is en hoe dit jou beinvloed.
Kyk video: