Onthou jy nog om die volgende te doen:

***Ego state terapie (Lees weer dag 1 as jy dalk vergeet het!)

***Onthou om jou stopteken tegniek elke keer wat jy negatiewe gedagtes of “verkeerde gedagtes” dink.

Takie vir die dag:
Doen vandag iets net vir jouself. Net vir die lekker. Dit hoef nie nuttig te wees nie of ‘n punt te hê nie. Wat gaan jy doen? Skryf dit neer in jou boekie!

Na jy dit gedoen het, beantwoord die volgende vrae (Skryf jou antwoorde neer- onthou hoe meer sintuie jy gebruik hoe meer leer jou brein – as jy iets neerskryf, dan sien en ‘dink’ jy dit.
1. Hoe het dit gevoel om iets net vir myself te doen?

2.Was dit soos wat ek gedink het dit sal wees?

3. Is dit iets wat ek meer gereeld sal wil doen?

4. As dit iets is wat ek meer gereeld gaan doen, hoe gereeld gaan ek dit doen? Skryf dit in jou dagboek en hanteer hierdie “me time” asof dit ‘n baie belangrike afspraak is wat nagekom moet word. (Want dit is! Jou behoeftes is belangrik. As jy nie na jouself kyk nie kan jy nie die mense in jou lewe versorg en help nie)


Select your currency
USD United States (US) dollar