Onthou jy nog om die volgende te doen?
* Om jou stopteken tegniek te gebruik elke keer wat jy negatiewe gedagtes of “verkeerde gedagtes” dink.
* Ego state terapie (kyk na foto van jouself en praat met jouself asof jy ‘n jong kind is)
* Dankbaarheidsjoernaal: Skryf 3 dinge neer wat jy voor dankbaar is. Dit kan algemene dinge/mense in jou lewe wees of iets wat die dag gebeur het.

Vandag se opdrag:

Gaan lees weer deur jou regte. (onthou jou brein leer deur herhaling,so doen hierdie takie al voel jy al amper “verveeld” daarmee)
Glo jy al meer in jou regte?
Hoe voel jy nou oor die 5 regte wat jy gekies het?
Sê jy hulle gereeld vir jouself op?
Keer jy jouself met die stopteken tegniek as jou ou manier van dink opkom of wanneer jy begin twyfel in jou regte?
Skryf weer jou 5 regte hier neer. (Uit jou kop uit sonder om op die papier te kyk)


Select your currency
USD United States (US) dollar