Mikpunt van die program:

Ek gaan fokus op die twee hoof aspekte wat vir baie mense groot uitdagings is. Ons kan nie te veel veranderinge te vinnig doen nie, anders gaan dit nie gewoontes raak nie. Die idee is om permanente veranderings aan te bring. Die twee areas wat hierdie program aanspreek is:
Selfgeldendheid en leer om ‘nee’ te sê

Area 1: Ek gaan jou stukkie vir stukkie tegnieke leer van wat jy in jou daaglikse lewe kan toepas. Dit gaan jou leer hoe om nee te sê sonder om skuldig te voel en hoe om op te staan vir jouself sodat jy kan werk aan jou eie drome vir jou lewe.

Area 2. Ek gaan jou leer om op jouself te fokus.
Jy gaan leer hoe om meer tyd vir jouself te gee (sonder om skuldig te voel).
Jy gaan jouself beter leer ken en ons gaan jou selfvertroue verbeter.
Hier gaan ons bietjie dieper “grawe” . Ek gaan jou oefeninge gee vir selfondersoek en ook maniere gee om meer tyd te maak vir jouself en net rustig te raak.
Dit is belangrik dat jy jou eie “cheerleader” word!”
Van die takies wat jy moet doen elke dag gaan dalk vir jou effe ‘simpel’ voel, maar asb druk deur. Ons moet jou brein “herprogrammeer” om anders te dink. Mens noem dit CBT (cognitive behavioural therapy). Dit gaan dalk nie belangrik voel nie, maar dit is uiters belangrik! So asb vertrou my en doen dit net 🙂

Jy sal die takies onder assignments van die betrokke dag se les vind. (Nie alle lesse het assignments nie) Jy sal sien dat jy nie na die volgende les kan gaan voor jy nie die opdrag voltooi het nie 🙂

Metodes wat ek gaan gebruik
CBT ‘training’
‘Mindfullness’ oefeninge
Ego state terapie
Selfgeldendheidsterapie

Tydens die program stel ek voor om nie te veel ander veranderinge in jou lewe aan te bring as dit waarmee ons besig is nie. Probeer om ook nie nuwe projekte aan te pak nie. Gebruik hierdie maand om te fokus op jou.

Die rede? Mens het ‘n beperkte hoeveelheid wilskrag. As jy te veel veranderinge op een slag probeer doen gaan jy wanneer jy ‘n moeilike dag het dit waarskynlik nie kan doen nie. Ek wil nie hê jy moet oorweldig voel nie. Die take moet maklik en doenbaar voel vir jou, met die idee dat jy daarmee kan aanhou en dat dit ‘n lewensstyl word.

Kontak my gerus via epos by martie@kinderwerf.co.za indien jy enige vrae het oor die program of probleme tydens die program ervaar. Ek sien uit daarna om hierdie reis saam met jou mee te maak.

Groete
Martie


Select your currency
USD United States (US) dollar